
KLEINMOND – VLV-Kleinmond en MOOI-geskenkwinkel maak enkele van die pryse wat vir die wenners van die “MOOI”-Ouma-kompetisie wag, bekend sodat oumas en kleinkinders gedurende die vakansie kan begin werk aan hulle inskrywings.
Onthou die inskrywingsvorms is by die MOOI-Geskenkwinkel in die Sparsentrum beskikbaar en die voltooide vorms word ook daar ingehandig vergesel van ‘n mooi onlangse foto van die ouma en ‘n inskrywingsfooi van R50.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Junie 2025.
- Vir die “MOOI”-Ouma en haar twee “MOOI”-prinsesse borg die MOOI-Geskenkwinkel geskenkbewyse van R1000, R750 en R500 onderskeidelik.
- Lelani Brits van Floreer Blomme borg vir elkeen van die 10 finaliste ‘n handruiker.
- Walker Bay Spice borg drie geskenkpakke met speserye vir die drie wenners.
- Thys Smith, skrywer van die boek “Anderkant 65” skenk ‘n kopié vir die wen-ouma.
- Daphne Loots borg ‘n pedikuur vir die wen-ouma.
En dit is maar nog net ‘n paar van die pryse. Hou die Overstrand Herald dop vir nog nuus oor die pryse vir die Kogelberg se “MOOI”-oumas!!