• Login
www.overstrandherald.co.za
SUBSCRIBE
No Result
View All Result
  • Tuis
  • Net vir intekenare
  • Ander nuus
  • Menings
  • PDF Weergawe
  • Kalender
  • Nuusargief
  • Regio TV
  • Wie is ons
  • Praat met ons
  • Tuis
  • Net vir intekenare
  • Ander nuus
  • Menings
  • PDF Weergawe
  • Kalender
  • Nuusargief
  • Regio TV
  • Wie is ons
  • Praat met ons
No Result
View All Result
www.overstrandherald.co.za
No Result
View All Result
Home Nuusargief

Beste jaar ooit vir eiendomsmark

Gerard Grobler

admin by admin
May 10, 2022
Reading Time:2 mins read
0
Beste jaar ooit vir eiendomsmark

KLEINMOND – Mense van regoor die land stroom op die oomblik na die Overstrand en daar is waglyste van kopers in sekere prysklasse.  So sê Dean Meijer, eienaar van die Chas Everitt eiendomsagentskap op Hermanus. Meijer sê sy Kleinmond agentskap alleen het die afgelope jaar sowat 60 eiendomme verkoop. Pam Golding op Kleinmond se Lise Götz bevestig dat 2021 ‘n buitengewoon goeie jaar vir die eiendomsmark op Kleinmond was. Sy raam die totale waarde van eiendomstransaksies op Kleinmond tot dusver vanjaar op nagenoeg R245m (Okt. 2020 tot Okt. 2021).

RELATED POSTS

In gesprek met Hoërskool Hermanus se nuwe hoof, Mike Smuts

Redaksionele kommentaar – Herald word gevra om vergadering te verlaat

This is how the new Schulphoek process will unfold

Wat is die redes vir hierdie opbloei in die plaaslike eiendomsmark? Meijer skryf dit hoofsaaklik toe aan twee faktore. Die eerste is Covid. Die pandemie het mense gedwing om van hul huise af te werk en baie is net nooit terug kantoor toe nie. Baie Kapenaars het in die stad gewoon juis om naby aan hul kantore te wees. Toe hulle van die huis af begin werk, het die vraag gou begin opduik: As ek in elk geval van die huis af werk, kan dit mos net sowel van enige plek wees. Ons hoef nie in die stad te bly nie. Hierdie wending, tesame met die uitbreiding van vesel internetverbindings op Kleinmond, sê Meijer is die grootste enkele dryfveer vir eiendomsverkope in die Overstrand. Dié seining word onderskryf deur ander eiendomsagente op Kleinmond, soos SEEFF se Mike Triblehorn. Hy reken tussen 30% en 40% van Kleinmond kopers is tans afkomstig vanuit Kaapstad.

Meijer sê die tweede en belangrike rede vir die toeloop van kopers na ons streek is goeie munisipale dienste. ”Mense soek stabiele plaaslike regerings”. Dienslewering in baie dorpe in ons noordelike provinsies het in duie gestort of is in die proses om in duie te stort. “Ek het die annerdag met ‘n vriend van my in Bloemfontein gepraat. Hy sê daar is feitlik geen dienslewering meer nie. Jy betaal jou munisipale rekening en moet dan privaat maatskappye betaal om te doen wat die munisipaliteit eintlik behoort te doen”. Meijer sê die situasie het vir baie mense net onhoudbaar geword en daar is nou ‘n natuurlike migrasie na gebiede soos die Overstrand, waar daar steeds doeltreffende plaaslike regerings in plek is.

Meijer sê daar is letterlik ‘n waglys van mense op Kleinmond wat eiendomme soek in die prysklas van R1,5 tot R2m. Daar is egter doodgewoon net nie meer nie voorraad in hierdie prysklas nie. Volgens Meijer is die gemiddelde koopprys van eiendomme op Kleinmond (dit sluit erwe in) tans R2,1. As ‘n huis in ‘n billike toestand en reggeprys is, verkoop hy dadelik, sê Meijer. In sommige gevalle kry ons letterlik nie eers kans om die huise behoorlik op ons boeke te sit nie. Daar is ‘n waglys van mense.

Meijer sê Kleinmond lok al meer gesinne en permanente inwoners. Hulle is hoofsaaklik Afrikaansprekend.

Tags: KleinmondOverstrand Herald
Share130Tweet81
admin

admin

Related Posts

In gesprek met Hoërskool Hermanus se nuwe hoof, Mike Smuts
Ander nuus

In gesprek met Hoërskool Hermanus se nuwe hoof, Mike Smuts

May 12, 2022
Questions you should be asking about the Overstrand Municipal budget
Nuusargief

Redaksionele kommentaar – Herald word gevra om vergadering te verlaat

May 12, 2022
This is how the new Schulphoek process will unfold
Nuusargief

This is how the new Schulphoek process will unfold

May 12, 2022
Juffrou Pauline kry ‘n nuwe van
Nuusargief

Baie wit olifante verkoop

May 12, 2022
Kleinmond Animal Welfare Society
Nuusargief

Kleinmond Animal Welfare Society

May 12, 2022
Kiekieklub se bymekaarkomplek verander vir April-vergadering
Nuusargief

Kiekieklub se bymekaarkomplek verander vir April-vergadering

May 12, 2022
Next Post
Overstrand Herald 13 Januarie 2022

Overstrand Herald 13 Januarie 2022

Delikate kunswerk met ‘n boodskap

Delikate kunswerk met 'n boodskap

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Latest Stories

Grootbos Private Nature Reserve Secures Five Star Premium Status

Grootbos Private Nature Reserve Secures Five Star Premium Status

May 20, 2022
Housing database verification and registration drive in Overstrand

Overstrand Munisipaliteit reageer op voorval met taxi-bestuurder in Bettysbaai

May 19, 2022
Taxi-owner questions law enforcement’s version of the events in Betty’s Bay this morning

Taxi-owner questions law enforcement’s version of the events in Betty’s Bay this morning

May 19, 2022

Popular content

Taxi-man in hegtenis na hy glo roekeloos bestuur en na bewering wetstoepassers van pad wou dwing (kyk video)

Taxi-man in hegtenis na hy glo roekeloos bestuur en na bewering wetstoepassers van pad wou dwing (kyk video)

May 19, 2022
Two iconic elephants destined for Kleinmond die tragically during re-location

Two iconic elephants destined for Kleinmond die tragically during re-location

April 28, 2022
Dubbele tragedie tref Geldenhuys gesin

Dubbele tragedie tref Geldenhuys gesin

May 18, 2022
www.overstrandherald.co.za

17 A 14th Street, Kleinmond, 7195

Phone: 028 271 3394/4212

Recent Posts

  • Grootbos Private Nature Reserve Secures Five Star Premium Status
  • Overstrand Munisipaliteit reageer op voorval met taxi-bestuurder in Bettysbaai
  • Taxi-owner questions law enforcement’s version of the events in Betty’s Bay this morning
  • Briewe
  • Jongste nuus
  • Menings
  • Nuusargief
  • PDF Weergawe
  • Videos
  • Wie is ons

© Copyright 2022 @Overstrandherald .

No Result
View All Result
  • Tuis
  • Net vir intekenare
  • Ander nuus
  • Menings
  • PDF Weergawe
  • Kalender
  • Nuusargief
  • Regio TV
  • Wie is ons
  • Praat met ons

© Copyright 2022 @Overstrandherald .

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In

Add New Playlist

error: Content is protected !!