KLEINMOND – Die afgelope naweek se mark by die hoofstrand het goed afgeloop. Dit was opvallend vir verbygangers en feestelik afgekamp met wit doeke en vlaggies. So onder die koeltebome blyk dit die ideale plek vir ‘n mark te wees. Daar was ‘n groot verskeidenheid interessante handelsware te koop. Die kos-aanbiedings brei ook steeds uit, wat dit vir honger strandgangers ‘n groot aantreklikheid maak.
Hier is die organiseerder, Nydia Carelse van African Gypsy by die mark. Skakel haar by 072 935 1616 indien jy deel van die mark wil word. Die volgende mark word vir 29 en 30 Januarie beplan.