KLEINMOND – Joshua du Preez, wat ná skool vir twee jaar by WP Rugby gekontrakteer was, het pas 'n nuwe verfbesigheid in Haweweg oopgemaak: <strong>Kleinmond Paintsmiths, </strong>een van die Paintsmith-groep. "Ek het van kleins af geweet dat ek eendag my eie besigheid wil bedryf," vertel Joshua. "Ek het al uit die yskas in my koshuiskamer by Paarl Boys High 'n tuckshop bedryf," lag hy, hoewel hy homself beskryf as 'n kaalvoet boskind wat in Messina grootgeword het. Hy en sy pa, James Mittan van DC Pro, het drie maande gelede 'n depot vir Paintsmiths op Kleinmond begin, wat hul produkte aan kontrakteurs verskaf het. Joshua het egter gou besluit om dit 'n volwaardige besigheid te maak met verskeie produkte wat vir verfwerk nodig is, soos kwaste, kraakvuller, ens. Daarby lewer hy 'n unieke diens waar hy 'n kliënt se huis besoek en 'n lys van spesifikasies neerskryf van waar herstelwerk nodig is asook die produkte wat daarvoor gebruik moet word. Dit is die grondwerk voordat met die verfwerk begin word. Daarna meng hulle die toplaag in die verlangde kleur(e). Al die produkte word by die kliënt se huis afgelewer. "Ons het besef dat hier 'n behoefte is aan kwaliteit verfprodukte en goeie diens. Paintsmiths Midas, Earthcote en die Plasconreeks is topgehalte en die Midas-produk word gesien as die elite-reeks van verf. Earthcote en Paintsmiths het in 2018 op hul eie gegaan, maar hul produk is op dieselfde chemiese formule gebaseer. My visie is om hierdie besigheid tot groot hoogtes uit te bou en om 'n verskil te maak hier waar ek bly," sê Joshua. Skakel hom by 072 835 6861 of besoek die winkel by Haweweg no 8.