• Login
www.overstrandherald.co.za
SUBSCRIBE
No Result
View All Result
  • Tuis
  • Net vir intekenare
  • Ander nuus
  • Menings
  • PDF Weergawe
  • Kalender
  • Nuusargief
  • Regio TV
  • Wie is ons
  • Praat met ons
  • Tuis
  • Net vir intekenare
  • Ander nuus
  • Menings
  • PDF Weergawe
  • Kalender
  • Nuusargief
  • Regio TV
  • Wie is ons
  • Praat met ons
No Result
View All Result
www.overstrandherald.co.za
No Result
View All Result
Home Nuusargief

Pasop vir dié skelms

Gerard Grobler

admin by admin
May 10, 2022
Reading Time:3 mins read
0
Pasop vir dié skelms

KLEINMOND – Plaaslike inwoners het net in die afgelope twee weke meer as R200 000 aan internet bedrieërs oorbetaal. Dit is geld wat die inwoners in alle waarskynlikheid nooit weer sal sien nie.

RELATED POSTS

Station 17 new building officially opened, Rescue 17 crowned “The Legacy”.

Overstrand Bioblitz

Today is World Penguin Day

Intussen sit plaaslike speurders met hul hande in hul hare om die skuldiges te probeer opspoor. Dit is ‘n bykans onmoontlike taak en bitter min van hierdie sake eindig uiteindelik in die hof.

Daar is na wat ons verneem net in die laaste twee weke nege bedrogklagtes by die Kleinmond polisiestasie gelê. Saam beloop die bedrae wat gesteel is, meer as R200 000. Dit is net in die Hangklip/Kleinmond gebied. Daar is sonder twyfel nog ander mense wat geld verloor het, maar besluit het om dit nie aan te meld nie. Dink net wat maak hierdie skelms op ‘n dag as hulle landwyd bedrywig is. Dit is ‘n multi-miljoen rand besigheid wat net meer en meer gesofistikeerd raak.

Die slenters waarmee die bedrieërs mense vang is, met die uitsondering van een of twee, meesal ou bekendes. ‘n Mens wil amper sê oud en afgeleef, maar daar is duidelik mense wat nog nie van hulle gehoor het nie. Hier is ‘n paar voorbeelde.

Die bank bel jou en vertel jou hulle vermoed daar was ‘n bedrieglike transaksie op jou rekening. Hulle wil dit regstel en vra jou bankbesonderhede. (MOET ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE OOIT U BANKBESONDERHEDE AAN IEMAND OOR DIE TELEFOON VERSKAF NIE. VERAL NIE JOU PIN NOMMER EN SEKURITEITSKODE NIE – as hulle dit het, kan hulle met jou geld maak soos hulle wil).  Die skelms gaan selfs sover om vir jou te vertel wat jou laaste drie transaksies was. Dit dui daarop dat daar waarskynlik iemand in die bank met hulle saamwerk. Red: Ek dink ons banke het waarskynlik ‘n baie groter probleem as wat selfs hulle dink. Die skelms vertel jou om jou foon af te sit en dit dan weer aan te sit. Binne minute is jou rekening leeggetrek. In een so geval die laaste 14 dae het ‘n Kleinmonder sowat R12 000 verloor.

Kyk ook uit vir die nuwe slenter op Faceboek. In een geval het die bedrieërs  ‘n advertensie omskep om te lyk asof dit van Takealot af kom.  Die meeste mense ken teen hierdie tyd vir Takealot en vertrou die maatskappy. Volgens die advertensies kan jy vir ‘n beperkte tyd ‘n grootskerm televisie of stofsuier of wat ook al koop vir net R60. Ja, net R60. Wat die skelms gedoen het, is om ‘n kloon van ‘n aanlynwinkel te skep. Omdat hulle in beheer van die aanlynwinkel is, het hulle ook beheer oor die kommentare. Dit lyk of mense tevrede is met hulle aankope en die goedere ontvang het. Dit is egter nie waar nie. Dis meesal vals profiele: mense wat nie bestaan nie. As jy aandui dat jy belangstel, word jy ‘n toepaslike vragie of twee gevra en dan speel jy ‘n speletjie om te sien of jy ‘n wenner is. Glo my, jy is altyd ‘n wenner. Nou, terwyl jy opgewonde is oor jou wenslag, neem hulle jou na die bladsy waar jy moet betaal. Hier moet jy al jou bankbesonderhede gee. Jy betaal en kry selfs kennisgewing van aflewering. Wat jy ook al gekoop het, gaan jy nooit sien nie. Ons weet van R3500 wat die afgelope twee weke op hierdie wyse gesteel is. Dit is waarskynlik veel meer.

Dan is daar natuurlik die skelms se ou gunsteling – kar koop oor die internet. Mense sien ‘n kar wat skynbaar deur ‘n handelaar op Faceboek, Gumtree, OLX of derglike webtuistes te koop aangebied word. Hulle bel en die skelms help al te gretig. Hulle vertel daar is ongelukkig koste betrokke soos die registrasie van die voertuig, die man wat dit moet aflewer ens. In twee afsonderlike gevalle het dié skelmstreek Kleinmonders R60 000 en R25 000 gekos in net die afgelope twee weke.

Nog ‘n slenter is faktuurbedrog. Volgens die polisie onderskep die bedrieërs die e-posadresse van besighede. Jy dink jy betaal die besigheid terwyl die skelm sit en wag vir jou geld. Maak altyd seker dat die faktuur en die bankbesonderhede ooreenstem en korrek is. ‘n Kleinmonder het die afgelope maand R80 000 op hierdie wyse verloor.

Die kersie op die koek en die een wat ‘n mens nou werklik gedink het waarvoor mense nie meer gaan val nie, is die lotery-gedoente. In ‘n onlangse voorval stuur ‘n vriend van iemand op die dorp glo die goeie nuus aan. Jy het die een of ander lotery gewen en R950 000 gewen. Die geld is joue maar …. daar is natuurlik ‘n paar duisend rand administrasiegeld om die geld by jou uit te kry. Toe die skelms sien die person word meegesleur, kom hulle met die volgende plan: As jy nog R7 000 betaal, betaal ons jou R1,5m. Die persoon betaal uiteindelik R20 000 oor en sit nou met niks.

As dit te goed is om waar te wees, dan is dit in alle waarskynlikheid te goed om waar te wees

Tags: KleinmondOverstrand HeraldscamsTakealot
Share134Tweet84
admin

admin

Related Posts

Station 17 new building officially opened, Rescue 17 crowned “The Legacy”.
Ander nuus

Station 17 new building officially opened, Rescue 17 crowned “The Legacy”.

May 23, 2022
Overstrand Bioblitz
Ander nuus

Overstrand Bioblitz

May 23, 2022
Today is World Penguin Day
Net vir intekenare

Today is World Penguin Day

May 23, 2022
Police link suspect in Stanford attack to Hangklip armed robbery
Net vir intekenare

Ethiopier drie keer geskiet in Poppedorp

May 23, 2022
Friendly visitor in the tidal pool!
Net vir intekenare

Friendly visitor in the tidal pool!

May 23, 2022
Hermanus Night Shelter – officially opens 1 May 2022
Net vir intekenare

Hermanus Night Shelter – officially opens 1 May 2022

May 23, 2022
Next Post

Overstrand Herald 27 Jan 2022 - PDF weergawe

Kleinmond policeman allegedly assaults his pregnant wife with golf club

Kleinmond policeman allegedly assaults his pregnant wife with golf club

Leave a Reply Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Latest Stories

Reward of R50 000 offered for info leading to successful arrest and prosecution of Yanga Endrey Nyalara

Reward of R50 000 offered for info leading to successful arrest and prosecution of Yanga Endrey Nyalara

May 27, 2022
People who keep us safe

People who keep us safe

May 27, 2022
Energy-wise ways to get ready for winter

Electricity usage patterns explained

May 27, 2022

Popular content

Taxi-man in hegtenis na hy glo roekeloos bestuur en na bewering wetstoepassers van pad wou dwing (kyk video)

Taxi-man in hegtenis na hy glo roekeloos bestuur en na bewering wetstoepassers van pad wou dwing (kyk video)

May 23, 2022
Dubbele tragedie tref Geldenhuys gesin

Dubbele tragedie tref Geldenhuys gesin

May 18, 2022
Rugby: Kleinmond vs Grabouw Saterdag 21 Mei 2022

Rugby: Kleinmond vs Grabouw, Saterdag 21 Mei 2022

May 23, 2022
www.overstrandherald.co.za

17 A 14th Street, Kleinmond, 7195

Phone: 028 271 3394/4212

Recent Posts

  • Reward of R50 000 offered for info leading to successful arrest and prosecution of Yanga Endrey Nyalara
  • People who keep us safe
  • Electricity usage patterns explained
  • Briewe
  • Jongste nuus
  • Menings
  • Nuusargief
  • PDF Weergawe
  • Videos
  • Wie is ons

© Copyright 2022 @Overstrandherald .

No Result
View All Result
  • Tuis
  • Net vir intekenare
  • Ander nuus
  • Menings
  • PDF Weergawe
  • Kalender
  • Nuusargief
  • Regio TV
  • Wie is ons
  • Praat met ons

© Copyright 2022 @Overstrandherald .

Welcome Back!

Login to your account below

Forgotten Password?

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Log In

Add New Playlist

error: Content is protected !!