Reader’s Digest vier vandeesmaand sy 100e verjaarsdag. Daar is seker nie ‘n huishouding in ons land waar hierdie gewilde tydskrif nie steeds uitgehaal word as ‘n mens net ‘n kort rukkie het om iets interessant, komies of aangrypend wil lees nie.
Vandag nog word daar steeds wêreldwyd 17 miljoen kopieë van elke uitgawe verkoop wat deur 70 miljoen mense gelees word. Dit word in tien tale oor 34 lande versprei en bly relevant met webtuistes, sosiale media en ander kanale wat miljoene mense daagliks kan geniet.
Die tydskrif het nog altyd een doel voor oë gehad: om ‘n kompakte weergawe te gee van die beste stories in die wêreld. In die 1940’s was die enigste boek wat meer kopieë as Reader’s Digest verkoop het, die Bybel.
Uit artikels en stories wat in Reader’s Digest verskyn het, is films en TV-reekse gemaak en wie het nie op ‘n stadium van hul saamgestelde boeke en plate-versamelings aangekoop nie? Verder is hulle bekend vir hul grappies, kort vertellings en aanhalings van bekendes.
Die stigter en uitgewer van die tydskrif was die Amerikaner, DeWitt Wallace en sy vrou Lila Bell Wallace. Hy het met die tydskrif begin toe hy besig was om van skrapnelwonde te herstel wat hy in die Eerste Wêreldoorlog opgedoen het. Hulle het gehoop om $5,000 per jaar met die tydskrif te maak, en toe verdien hulle voor die einde van die 1920’s nie minder nie as $900,000 per jaar.
Hy en sy vrou het baie filantropiese werk gedoen en miljoene dollars vir liefdadigheidsinstansies geskenk.
Being in the red-heart-and-ribbons time of the year, here are a few Valentine jokes from their archives:
Q: Daddy, why are all those cars beeping their horns?
A: Because there’s a wedding happening.
Q: Isn’t blowing a horn a warning signal, Daddy?
A: Exactly, son.
How did the telephone propose to its girlfriend?
He gave her a ring.
- Did Adam and Eve ever have a date?
- No, they had an apple!
- What did the flame say to his buddies after he fell in love?
- “I found the perfect match!”
Did you hear about the bed bugs who fell in love?
They’re getting married in the spring!
Left-handed compliments:
You are like dandruff because I just cannot get you out of my head no matter how hard I try.
For a fat girl you don’t sweat a lot…