Die organiseerders van vanjaar se boektafel van links: Jan Momsen en Louié en Deon Booysen. Die boektafel was die tweede aksie in die NG Kerk se basaar wat oor die hele jaar versprei word. Hulle het R6000 met boekverkope ingesamel en vertel dat die kopers sommer van vroeg af opgedaag het om eerste by die beste boeke uit te kom.