Kleinmond Sakekamer en die Toerismeburo is met verskeie projekte besig om die dorp te verfraai. Hulle het plaaslike kunstenaar Dorette Nortjé gevra om ‘n ontwerp voor te lê om die dooie agterste muur van die Verkeerskantoor by die hoofstrand te verfraai en hier is die resultaat wat Dorette en haar vriend, Briers Coetzee, onlangs voltooi het. Dis ‘n kleurryke verwelkoming langs die hoofstraat, waar ‘n mens na die hoofstrand indraai.