KLEINMOND – Die plaaslike Rotariërklub het op Dinsdag 15 Februarie ‘n hele vrag boeke vir die Laerskool se biblioteek geskenk. Die boeke is van ‘n Rotariërsklub in Australië ontvang. Die skool het ook ‘n skenking van Legoblokkies ontvang.
Rotariër president Kobus le Roux het by die oorhandiging ‘n bietjie agtergrond oor die werksaamhede van dié internasionale beweging vertel. Die plaaslike tak was onder andere betrokke by die totstandkoming van die kleuterskool, Krappies en Krefies. Met befondsing van ‘n klub in Duitsland is hulle tans besig om versorgers vir bejaardes op te lei.
Die hele graad 7-klas was teenwoordig by die oorhandiging van die skenking aan die skool.