'n Man van Kleinmond is Sondag hier dood na hy glo vroeër met 'n mes gesteek is. Die toegegooide liggaam van die man lê tans in 'n sloot langs die paadjie wat verby die begraafplaas kronkel terwyl groepies mense in die omgewing rondstaan. Die polisie is self nog besig om uit te klaar wat presies gebeur het. Die man is na bewering deur mense in 'n bakkie van elders, gesteek. Hy het glo op die paadjie ineengesak en was nog lewend toe hy raakgesien en die polisie ontbied is.