Caledon FM het verlede Donderdag hul wa en gazebo by KAWS opgeslaan en Kleinmonders aangemoedig om dierekos vir die instansie te kom aflewer. Hier staan Grant Cohen en Ingrid Taylor van KAWS by die bakkie waarin die kos gelaai is. Hulle het op die dag ‘n ongelooflike 1.5 ton kos ingesamel.