KLEINMOND – Kleinmond se eerste span het Saterdag betreklik maklik met Sir Lowrians afgereken. Daar was ‘n merkbare verbetering in spelpeil sedert hul eerste wedstryd twee weke gelede. Trouens, na die eerste tien minute of wat het ek begin wonder of ek by die regte veld is. Kleinmond, beide voor en agter het goed gelyk en die bal is telkens met die agterlyn weggestuur. Die manne is egter nog nie lekker fiks nie en dit het gou begin wys. Die eerste span het nie te min oortuigend met 26 – 12 gewen. Die tweede span het egter gesukkel en uiteindelik 13 – 15 verloor. Kleinmond speel Saterdag tuis teen Strand United.