KLEINMOND – Een keer ‘n jaar sak die Pure Venom-bikers met groot gedruis op ons toe vir hul Stiek Yt saamtrek. Dis ‘n gewoerts-warts deur die strate en elke biker wil sy trawante beïndruk met die revs wat sy bike kan opjaag. Die afgelope naweek was dit weer so. Inwoners het maar vir die naweek oorpluisies ingesit of hul gehoorstelletjies afgestel – dis nou dié wat nie motorfiets-entoesiaste is nie. Laasgenoemde het met oe’s en aaa’s gaan kyk en saamgekuier. Dis darem nie te erg om vir een naweek maar jou inkopies uit te stel of by kleiner plekke te gaan koop nie, want hierdie groep vrolike mense het gekòòp en die restaurante en eetplekke was vol. Dis ook nie dat hulle nie omgee vir die inwoners van Kleinmond nie. Die president van die klub, Bruce Reynolds, het ‘n kennisgewing uitgestuur dat mense by die hek van die Palmiet-karavaanpark klagtes kon gaan lê en hulle sou onmiddellik aandag daaraan gee. Hier is ‘n paar interessanthede wat Adri La Grange met haar kamera vasgevang en met die Herald gedeel het. [gallery columns="1" size="full" ids="7827,7828,7829,7830,7831"]