HERMANUS – Hierdie is nou vir jou ‘n paar flink-uit-die-vroeë-vere dames wat nie skrik vir ‘n koue brandertjie nie. Dié dames noem hulself die “Cool Girls” en meld elke Saterdagoggend omstreeks 7-voormiddag by ‘n lekker strandjie aan waar hul bietjie gesellig saamkuier in die ietwat koel see. Daarna word ‘n warm ietsie geniet voordat elkeen weer sy koers inslaan en die dag vars, vrolik en uiters wakker aanpak. Hou die Overstrand Herald dop vir die “Swem Jannie Swem”-groepie se mannewales binnekort.