KLEINMOND – Die eerste episode van plaaslike avonturier Johan Badenhorst en sy Voetsporespan is Maandag op SABC 2 uitgesaai – die Zambezi-toer. Dit gaan vir die volgende paar weke elke Maandag tussen 7 en 8 uur saans op die kassie wees. Episode een was die pad na die oorsprong van die Zambezi, waar die toer eintlik gaan begin, maar die pad daarheen het klaar vir heelwat interessanthede gesorg – soos die lodge waar hulle in boomhuisies oorgebly het wat soos vinkneste lyk. Hulle ‘sagte’ akkommodasie is egter glo nou agter die rug en hulle is terug in hul gewone kampeermodus, met lekker kampkos wat voorberei word. Maar kyk self. Dit beloof om weer ‘n insiggewende, gebeurtenisvolle toer te wees.