<strong> </strong>The Yard in Haweweg het ook heelwat aktiwiteite die naweek aangebied. Een daarvan was ‘n geleentheid by Lili & Co om keramiekware met glasuurverf te versier. Dit word dan agterna in die pottebakkersoond gebak en jy kan by jou vriende met jou eie keramiekkuns spog. Die besigheid bied deurlopend sulke sessies aan. Dis vir alle ouderdomme en kreatiwiteit is nie ‘n voorvereiste nie. “Daar bestaan nie iets soos perfek in kuns nie, sê die bestuurder, Sonia Swart. Stuur ‘n whatsapp na 079 698 4023 om te bespreek. (Foto’s Sonia Swart en Keetah Reeder.