KLEINMOND – Dis nie aldag dat 'n Raadslid en Speaker van die Raad sommer self sal inspring om dinge reg te ruk as die tyd uitloop nie. Grant Cohen het voor die Paasnaweek gesien dat die munisipale werkers wel die strand opgeruim het nadat seebamboes tydens die vorige week se stormsee oor die hele hoofstrand gespoel het, maar die strandmeer was nog vol bamboes. Toe kry Grant bootjies by Eric se Boat House en twee helpers, Siyamthanda and Pecko, en tjop-tjop het hulle die joppie gedoen. Grant het wel aan die einde gesê dat hy tien keer sal moet gaan bad ....