KLEINMOND – Die Laerskool het onlangs sy nuwe netbalbane-cum-tennisbane in gebruik geneem. Die bane was vir baie jare net 'n droom van die vorige skoolhoof, mnr Gys Huisamen. Dit het egter altyd op die "wenslys" gebly, maar ‘n begin is verlede jaar daarmee gemaak en met harde werk en borge het die bane 'n realiteit geword. Verlede Donderdag het al die skool se spanne vanaf die onder 10’s rugby en netbal teen Hawston gespeel. Dit het baie opwinding verskaf aan die toeskouers wat na ‘n lang tyd weer die wedstryde kon bywoon. Kleinmond se onder 13-rugbyspan het Hawston 29-5 die loef afgesteek en die onder 13-netbalspan het Hawston met 21-6 geklop.