KLEINMOND - Tayden MacKenzie (11) het die afgelope naweek deelgeneem aan die aanlyn Suid-Afrikaanse junior geslote skaakkampioenskap, waar hulle fase 3 van die SA-toernooi gespeel het. Spelers skakel mekaar uit deur twee spelle van 20/20 minute te speel – een keer met swart en dan met wit skaakstukke. Tayden het Saterdag begin en Sondag na die semi-finale deurgedring, wat hy gewen het. Die finaal was teen die voorloper van die toernooi en hy het hierdie spel ook gewen, wat hom die kampioen van die onder 12-ope afdeling in Suid-Afrika maak. Tayden vertrek vandeesweek na die wêreld-kampioenskap wat van 29 April tot 4 Mei in Griekeland gehou word. Sy ma, Leandra, vergesel hom. Hulle sal op 5 Mei weer terug wees. Alles van die beste Tayden! Gaan wys vir die wêreld van watter stoffasie ons Suid-Afrikaners en veral ons Kleinmonders gemaak is.