KLEINMOND – Een van die wilde perde by Rooisand, Harold, is die naweek dood. Hy was volgens rekords reeds ouer as 30 jaar en onder toesig van De Draay se mense. Madiba was veral baie beskermend teenoor hom. Volgens Leanne Dryburgh, wat die nuus op facebook gepos het, was hy lugtig vir mense en ‘n ware vrye wilde perd.