KLEINMOND – Op die algemene jaarvergadering van die Kleinmond Natuurbewaringsvereniging (KNBV) wat op Woensdag 27 April in die Gereformeerde kerk gehou is, het die voorsitter van die afgelope drie jaar, Botha Maree, ‘n positiewe prentjie van die afgelope jaar se werksaamhede geskets. Dit ten spyte van die feit dat die bergbrand ‘n paar van hul aksies weer ongedaan gemaak het, soos skade aan die staproete se rigtingwysers en die splinternuwe brug wat by Hanneshoek gebou is. Die brand gee egter nou vir die KNBV die geleentheid vir tydige en beter indringerplantbestryding. Op sommige plekke was die plantegroei so dig dat indringers nie bereik kon word nie en hulle kon na hartelus hul saad in die wind strooi. Almal sien ook uit na die nuwe groei van fynbos wat in die winter seker weer die swart veld in groen sal tooi. Die jaar se werksaamhede het van die volgende ingesluit: Die kapgroep wat indringerbeheer op enkele plase, in die natuurreservaat en op die R44 se padskouers doen. Daar is ook ‘n driejaar-tender vir die beheer van indringerplante op munisipale eiendom toegeken. Volledige staproeteborde is by verskeie beginpunte van die roetes aangebring en 15 nuwe en herstelde informatiewe borde is deur Peter Muller en die kapgroephelpers langs die kuswandelpaadjies aangebring om die verwaarloosde en beskadigde borde te vervang. Botha het sy besorgdheid uitgespreek oor die verwarring en oorvleueling met betrekking tot die verantwoordelikhede tussen die munisipaliteit, Cape Nature, die KNBV en ander rolspelers. Dit veroorsaak dat sommige projekte deur die mat val of net nie die nodige aandag kry nie. Hy bepleit ‘n trust soos dié wat die wandelpaadjies in Hermanus in stand hou vir ons omgewing. Ander werksaamhede van die KNBV se verskillende portefeuljes het gewoon voortgegaan. Thea Brink is nou redakteur van die kwartaaltydskrif, Fynbos, waaraan sy ‘n heel nuwe voorkoms gegee het. Omdat daar tydens die Covid-pandemie nie meer voorbeelde van fynbos in die biblioteek en toerismesentrum geplaas kon word nie, het Thea en Vic die Facebookblad: <em>Fynbos</em> geskep, waarvan die aantal lede steeds groei. <strong> </strong>Die KNBV het tans 358 lede, met vyf nuwe lede wat aangesluit het. Botha het ook die groot verlies van Henriette Botha genoem wat in September 2021 oorlede is, nadat sy 25 jaar aktiewe diens as komiteelid gelewer het. Van haar natuurbewaringsboeke is aan die lede beskikbaar gestel om by hul versamelings te voeg. Leon Louw, treasurer, showed in his report the sound financial state of the society. They also received several donations for specific projects. Botha Maree was elected to serve on the Overstrand Municipal Ward Committee (Ward 9) to represent the interests of the members and the natural environment. The Kleinmond Nature Conservation Society has submitted nine needs for inclusion in the new 5-year Integrated Development Plan for the period 2022/2027. They were amongst others: timely and effective alien control in municipal areas; effective control of the reeds in the Kleinmond lagune and provision of a suitable regulation which will make the wearing of a collar with bells by all pet cats obligatory. They have also requested effective control over influx of people and extension of the informal settlement in Kleinmond municipal area. Botha Maree’s 3-year term as chairman of the society is over and Carl Swart has been elected as the new chairman. Botha has been elected as vice chairman. <strong><img class="alignnone size-full wp-image-9133" src="https://overstrandherald.co.za/wp-content/uploads/2022/05/natuurbew.jpg" alt="" width="700" height="525" /> </strong>