Janieke Prinsloo het op 24 April aan die Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod op Caledon deelgeneem. Sy het drie Prestige Sertifikate vir Tjello verower. Dit beteken meer as 95%. Dis nie al nie. Sy het ook drie goue sertifikate vir klavier gekry. Daarby is sy uitgenooi om op 10 September by die Gala-aand in Mosselbaai op te tree. Janieke word in tjello onderrig deur Maike Skein en in klavier deur Debbie Bierman.