<h4 id="1ta8h">Kobie Coetzee</h4> KLEINMOND – Ds Cecile Murray-Louw het op Maandag 9 Mei ‘n aangrypende praatjie by die vergadering van die NG Vrouediens gelewer oor haar lewensreis om te besef waar God in haar verhaal is. As sesde generasie direkte afstammeling van die bekende ds Andrew Murray, is sy die eerste vroulike predikant van ses predikant-nasate. Maar sy, haar ma en kinders het deur baie donker tye gegaan toe eers haar pa, Henry, in 2014 aan ‘n breingewas gesterf het en presies `n jaar later haar man, Andries, aan dieselfde toestand. <figure class="image strchf-type-image regular strchf-size-regular strchf-align-center"><picture><source srcset="https://overstrandherald.co.za/wp-content/uploads/2022/05/cecile1_b96511299887e08f943d2973867f6fdd_800.jpg 1x, https://images.storychief.com/account_34328/cecile1_b96511299887e08f943d2973867f6fdd_1600.jpg 2x" media="(max-width: 768px)" /><source srcset="https://overstrandherald.co.za/wp-content/uploads/2022/05/cecile1_b96511299887e08f943d2973867f6fdd_800.jpg 1x, https://images.storychief.com/account_34328/cecile1_b96511299887e08f943d2973867f6fdd_1600.jpg 2x" media="(min-width: 769px)" /><img src="https://overstrandherald.co.za/wp-content/uploads/2022/05/cecile1_b96511299887e08f943d2973867f6fdd_800.jpg" /></picture><figcaption>Ds Cecile Murray-Louw en haar ma, Susan wat ook die geleentheid bygewoon het</figcaption></figure> “Dit was die donkerste tyd in my lewe. Andries het in Januarie 2015 begin aanvalle kry vanweë `n breingewas. Hy is in Augustus oorlede. Hy het daardie paar maande aan `n onbehandelbare en onhanteerbare soort demensie gely, vanweë breinskade wat hy tydens die aanvalle opgedoen het. Boonop was ek nog swanger met ons jongste – `n seuntjie. “Ek het baie meer vrae as antwoorde gehad, maar daar was nie tyd vir gaan lê en rou nie. Die drie dogtertjies moes versorg word en die baba was op pad. Hy is gebore twee maande voor Andries oorlede is,” vertel sy. Cecile het `n video gewys van hoe die drie dogters hul hartseer ervaar het en hoe hulle voor die begrafnis hul pa se kis met tekeninge en boodskappe versier het. Almal woon nou by Cecile se ma, Susan, en vier nog elke verjaarsdag en gedenkdag van hul pa en oupa. Die tweede deel van haar verhaal is hoe sy as 14-jarige dogter al besluit het sy wil predikant word. Sy het later Sendingwetenskap studeer, maar kon nooit daardie rigting uitleef nie. Tot sowat drie jaar gelede, toe sy gehoor het dat sy met Sendingwetenskap en `n kursus ekstra studie nou in die bediening kan tree – 25 jaar nadat sy besef het dit is wat sy wil doen. Sy is tans tentmaker-predikant in die NG Moedergemeente in Durbanville, waar sy steeds haar eie inkomste moet genereer met deeltydse werk in `n ouetehuis, berading vir mense wat trauma beleef en motiveringsgetuienisse. Sy het vertel dat die Here deur dit alles gedra het en versorg het. “Ek weet God het my nooit gelos nie. Hy was in my verhaal en Hy is in ons elkeen se verhaal.” Toe sluit sy die getuienis af deur `n aangrypende seënwens vir die gehoor te sing – met musiek van haar selfoon af. <!-- strchf script --><script>if(window.strchfSettings === undefined) window.strchfSettings = {};window.strchfSettings.stats = {url: "https://overstrand-herald.storychief.io/af/begeesterende-getuienis-by-ng-vrouediens?id=1746824862&type=2",title: "Begeesterende getuienis by NG Vrouediens",id: "f3dc9cb3-451a-4973-aa8d-6092e013f981"};(function(d, s, id) {var js, sjs = d.getElementsByTagName(s)[0];if (d.getElementById(id)) {window.strchf.update(); return;}js = d.createElement(s); js.id = id;js.src = "https://d37oebn0w9ir6a.cloudfront.net/scripts/v0/strchf.js";js.async = true;sjs.parentNode.insertBefore(js, sjs);}(document, 'script', 'storychief-jssdk'))</script><!-- End strchf script -->