17.7 C
Kleinmond
Tuesday, April 23, 2024
spot_img

Nuwe Weekender maak sy buiging op 18 Augustus

KLEINMOND – Die Herald se nuwe volkleur digitale bylaag – Weekender – word op 18 Augustus die eerste keer gepubliseer en gaan die bemarking van ons streek op sy kop keer, sê redakteur en uitgewer, Gerard Grobler. “Die Weekender is soos die naam aandui, gemik op mense wat vir die naweek wil wegbreek. Hier gaan hulle (maar ook bestaande inwoners) met een oogopslag kan sien wat Hangklip/Kleinmond bied in terme van blyplek, restaurante en aktiwiteite. Maar ons wil dit uiteindelik oor baie meer as net dit maak.”

Grobler sê hoewel die bemarking van die Overstrand streek dramaties verbeter het die afgelope jaar of twee, is die fokus om verstaanbare redes steeds grootliks op Hermanus en haaiduik op Gansbaai.  “Ons glo natuurlik Hangklip/Kleinmond se wêreldbekende Kogelberg Biosfeer, waarvan die vier kusdorpies almal deel is, is die mees unieke bestemming in ons streek. Die meeste mense ry net hier verby onderweg na Hermanus en elders. Ons wil hê hulle moet stop en verken, eet en oorbly. Ons wil hulle vertel van ons besondere natuurlike omgewing en hoe om dit op ‘n verantwoordelike manier saam met ons te geniet. Hoe belangrik dit is om dit te bewaar.”

Volgens Grobler het die Herald duisende volgelinge op sosiale media, van Kaapstad en regoor die land, tot sover as Namibië. “Ons gaan dit as grondslag gebruik om hierdie unieke bestemming te bemark. “Ons beplan om die publikasie aanvanklik elke twee weke uit te gee en afhangend van die reaksie, dan elke week. Die publikasie is in volkleur en gratis en sal op haas elke moontlike skerm gelees kan word. Ons gaan dit so wyd as moontlik deel, dit is die hele gedagte. Ons wil juis mense buite ons streek bereik.”

As jy ‘n toerisme-verwante besigheid in ons streek bedryf en meer wil weet, kontak ons advertensiebestuurder, Joke Venter by marketing@overstrandherald.co.za. Daar is ‘n spesiale afslag vir besighede wat al vroeg besprekings doen. Langer termyn besprekings kan tot 20% afslag kry. Die spertyd vir advertensies vir ons eerste uitgawe op 18 Augustus is Vrydag 11 Augustus om 12:00.

Intussen is ons op soek na nog plaaslike vryskutskrywers wat ons kan help om die Weekender ‘n heerlike leeservaring te maak. As jy belangstel stuur ‘n voorbeeld van jou werk na redakteur@overstrandherald.co.za

Ons is ook op soek na foto’s wat ‘n naweek in die Kogelberg-streek uitbeeld, hetsy mense wat uitspan of natuurtonele, fietsry, stap, snorkel ens…ens. Stuur gerus jou lae-resolusie foto’s na redakteur@overstrandherald.co.za en ons sal jou kontak. Jy kan ‘n handige sakgeldjie daarmee verdien. Die gedagte is om oor tyd ‘n soort van foto-argief op te bou waar ons ons eie, maar ook ander se foto’s te koop sal aanbied.

Slegs ter illustrasie
spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!