14.4 C
Kleinmond
Friday, April 12, 2024
spot_img

Wen Karoo-lamsvleis of ‘n R1 000-koopbewys vir linne!

BETTYSBAAI – Wat gaan dan nou lekkerder in die komende feestyd wees as ’n sagte skaaptjoppie gebraai op die kole of die geur van ‘n skaapboud wat in die oond gaar word?

Miskien om na die ete tussen kraakvars nuwe lakens vir ‘n heerlike slapie in te kruip.

Jy het nou die kans om teen net R50 ’n lootjie een van vier gelukkige wenners te word wat gaan deel in die volgende pryse: een van twee heel Karoo-lammers of een van twee halwe Karoo-lammers! As bonusprys gaan ’n vyfde wenner met ’n R1 000-koopbewys van Comfi Linne wegstap.

Lootjies, soveel as wat jy wil, is te koop by die wyksleiers en dienswerkers van die Hangklip-streek (Bettysbaai, Rooiels en Pringlebaai) en in Kleinmond, asook by Nienie Burger by die kerkkantoor op Kleinmond.

Die sluitingsdatum is Donderdag 30 November, waarna die trekking gedoen sal word om die vier wenners van die Karoo-lammers en die gelukkige wenner van die linne-koopbewys aan te wys.

Vir navrae, skakel met Surette Botha (082 372 4072) op Bettysbaai of Nienie Burger (028 271 3268) by die kerkkantoor op Kleinmond.

 

spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!