16.6 C
Kleinmond
Sunday, May 19, 2024
spot_imgspot_img

Helpende Hand se Ons Winkel in Hermanus kry meeste donasies uit Kleinmond

BETTYSBAAI -Engela Meyburgh het in die afgelope 14 maande Ons Winkel in Hermanus omskep in ‘n boetiek vir tweedehandse klere en ander gebruiksgoedere, wat teen bekostigbare pryse verkoop word. Al hul voorraad is skenkings uit die Overstrand gemeenskap.

Solidariteit het begin om sulke winkels landswyd oop te maak om ‘n positiewe impak te maak op plaaslike gemeenskappe, om die gemeenskap betrokke te kry by die Helpende Hand-projekte en om ekologiese bewustheid te kweek deur die hergebruik van goedere.  Daar is reeds bykans 130 sulke winkels landswyd in bedryf.

“Ek is net ‘n rat in die masjien wat Solidariteit en Helpende Hand se projekte aan die gang moet hou. Hulle gee ondersteuning aan Afrikaanse volksgenote wat hulp nodig het – hetsy ekonomies of andersins. Hermanus se winkel ondersteun byvoorbeeld vyf tersiêre studente, waarvan een medies studeer, met klasgeld en ons is besig om ‘n skoolseun op te lei om so ‘n besigheid soos Ons Winkel te bestuur,” vertel Engela.

“Hermanus se winkel is reeds ‘n groot sukses, al is dit tussen ander liefdadigheidswinkels geleë.  Omdat die meeste van ons donasies egter uit Kleinmond kom, het ek die behoefte aan ‘n soortgelyke winkel in Kleinmond geïdentifiseer. Sodra ek ‘n bekostigbare perseel van tussen 80 tot 100 vierkante meter kry, sal ek graag ‘n tweede winkel hier wil begin. Ek het ook vrywilligers nodig wat by die winkel kan kom uithelp. Voorraad moet sorteer en skoongemaak word. Ek plaas nie stukkende, gevlekte of verslete klere op die rakke nie. Net so ook met huishoudelike bykomstighede soos linne en ander toebehore. Alles moet skoon wees en werk. Die werk kan vermoeiend wees, maar vir my is dit ‘n verrykende, bevredigende ervaring.”

Engela woon op Bettysbaai en ry daagliks Hermanus toe. Op haar pad laai sy sommer beloofde goedere op van mense wat haar geskakel het. Kontak haar by 074 616 4007.

 

spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!