11.6 C
Kleinmond
Saturday, September 21, 2024
spot_imgspot_img

The Burger Bar is ‘n gesellige kuierplek vir die hele gesin

PRINGLEBAAI – The Burger Bar van Dominique en Rick van Tonder het onlangs hul eerste verjaarsdag gevier – en wat ‘n viering was dit!

“Ons het vier jaar gelede van Bellville af na Pringlebaai getrek en ‘n jaar gelede The Anchor van sy vorige eienaar oorgekoop. Ons het dadelik ingespring om dit in ‘n familierestaurant te verander. Burgers is die hoofitem op ons spyskaart, vandaar ons naam, The Burger Bar.  Hier kry gesinne ‘n groot verskeidenheid burgers, met selfs Vegan-opsies, want ons gesin is passievol Vegan,” vertel Dominique. Van die gewildste ander burgers is die Cowboy-, Griekse-, Nacho- en Biltongburgers. “En onthou hier is bier! Vyf soorte craft bier – sommer so uit die kraan!” sê Rick.

Hulle wou uit die stad kom na ‘n plek naby die Kaap, by die see, maar waar die lug skoner is, en ‘n rustiger grootwordplek vir hul agtjarige dogtertjie, Ilke, bied.

Intussen hou Rick nog sy argitekfirma in die Kaap aan die gang en Dominique ook haar finansiële maatskappy  – heelwat balle om in die lug te hou. “Maar met ons toegewyde personeel kan ons dit regkry. Toe die brug onbegaanbaar was ná die oorstromings, was hulle die enigstes van al die besighede in Pringlebaai wat elke dag vanaf Kleinmond oor die brug gestap het.”

The Burger Bar bied ook gesellige geleenthede vir die hele gesin aan. Elke eerste en derde Donderdagaand is daar vasvra-aande (quizz nights) – selfs met ‘n trofee vir die wenspan. Elke tweede Donderdag het hulle ‘n kenmekaar-geselligheid vir inwoners, nuwe intrekkers en besoekers. Op elke tweede en vierde Woensdagaand bied hulle bordspeletjies aan soos Catan, Wingspan, Carcasonne, Ticket to Ride en verskeie kaartspeletjies. Dan is daar drie groot TV-skerms om mense vir groot sportgeleenthede te kry. ‘n Goeie getuigskrif van een van hul gereelde kiënte is: “’n Mens hoef nie eensaam in Pringlebaai te wees nie. By The Burger Bar is hier altyd mense om mee te gesels en te kuier.”

The Burger Bar se diens kan in ‘n paar punte opgesom word: gemeenskapsvriendelik, kindervriendelik en sport,” sê Rick. Hulle ondersteun die Overstrand sover moontlik. Alle wyn kom van Botrivier en die Craft bier is van Hermanus. Handelstye in die week is van 15:00 tot laterig saans, maar die kombuis maak 21:00 toe; 20:00 op Sondae. Naweke en vakansietye maak hulle 11:00 soggens oop.

Skakel hulle by 072 571 9221 of gaan loer in by die restaurant in die hoek: Centralweg 1850, Pringlebaai.

spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!