11.1 C
Kleinmond
Tuesday, July 23, 2024
spot_imgspot_img

Het jy al jou betonblok vir die Palmietpaadjie bestel?

KLEINMOND – Kleinmond Natuurbewaring wat net uit vrywilligers bestaan, herstel tans die Palmiet Plankiespad. Die paadjie was plek plek in verval en vandale het ook hul deel gedoen. Na deeglike navorsing is besluit om die plankies met sementblokke te vervang. Oor die baie nat gedeeltes sal houtbrûe gebou word, berig Karin Hendrikz van die Kleinmond Natuurbewaringsvereniging.

Die paadjie strek oor 800m en daar is gemiddeld 5 blokke per vierkante meter nodig. Tans is meer as 200 blokke reeds gelê.
Die wandelpaadjies word van die begin af deur die Natuurbewaringsvereniging onderhou en versorg, en nie deur Cape Nature soos sommige mense dink nie. Natuurbewaring het nie fondse om blokke oor die hele afstand te lê nie en het besluit om inwoners wat ernstig is oor natuurbewaring te vra om blokke te borg.

“Mense wat ‘n blok bestel moet maar net onthou dat hul blok nie sommer die volgende dag al geln blok bestel moet maar net onthou dat hul blok nie sommer die volgende dag al gelê kan word nie. Die proses loop oor ‘n siklus van ongeveer 4-6 weke. Eerste word die donasies word ontvang, waarna die donateur ‘n teëltjie by Peppermint Pottery kan gaan verf. Die teëltjies word geglasuur en in ‘n hoogoond gebak om seker te maak dat dit ‘n lang leeftyd sal hê. Daarna word die bestelling by Anton’s Steel and Concrete vir 70-100 blokke geplaas. Dan eers word die span vrywillers ingespan vir die voorbereiding, lê en afronding van die paadjie. Ons vorder baie goed, en daar is reeds weer ’n bestelling vir blokke geplaas maar inwoners en vakansiegangers word gevra om hul naam op die paadjie deur dié skilderagtige deel van ons dorp te laat verewig,” sê Karin.

Hoe lyk dit? Die Paasnaweek en skoolvakansie lê voor. Maak die teëltjieverf-episode ‘n uitstappie vir die kinders om te onthou! Hulle sal vir jare hierna nog na hul bydrae tot natuurbewaring kan kom kyk.

Kontak haar by 082 441 8581 / plankiespad@gmail.com vir navrae.

spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!