Wanneer voorvalle in die omgewing van kameras plaasvind, vra mense gereeld dat die beeldmateriaal nagegaan word. Die beheerkamer reageer gewoonlik baie vinnig hierop. As die materiaal die polisie of OM wetstoepassing in hulle ondersoek kan help, en daar word ’n saak geopen, kan hulle die materiaal aanvra.
Daar is ’n vaste prosedure hiervoor.
Die volgende inligting moet aan info@kleinmondsag.co.za gestuur word:
• Kort beskrywing van die insident.
• Die datum en tydsgleuf waarbinne die insident plaasgevind het.
• Die plek (gee straatname en nommers).
• ’n Beskrywing van waarvoor die beheerkamerpersoneel moet oplet wanneer hulle die beeldmateriaal deurwerk (hoeveel persone, kleredrag, watter tipe en kleur van voertuig, registrasienommer, ens).
In Februarie 2024 is daar na aanleiding van kamera-aktiverings ondersoek ingestel na 109 verdagte insidente.
Daar was weer gevalle waar die vinnige reaksie en samewerking tussen die verskillende vennote misdaad voorkom het en skuldiges aan die man gebring het.
Misdaadtendense
Volgens polisiebeleid word misdaadstatistiek amptelik elke drie maande bekend gemaak. Die tendense hier onder geld vir Kleinmond alleen en nie vir die hele Hangklip/Kleinmond area soos die driemaandelikse verslae nie.
Ons kan net verslag doen oor gevalle wat aangemeld is en vra weer dat inwoners alle misdaad, hoe klein ook al, sal aanmeld. Hier is Februarie 2024 se tendense.
Ons gee die kategorieë in die volgorde van meeste tot minste aanmeldings:
• Aanranding – Daar was meer as 20 gevalle (meer as die helfte daarvan met die doel om ernstig te beseer). Dit het op twee na plaasgevind in Proteadorp/Overhills en die informele woongebied.
• Gewone diefstal – Net meer as 10 gevalle van diefstal sonder gedwonge toegang is aangemeld, die meeste in Proteadorp/Overhills en enkeles in die Seelane, Palmiet en in Hoofweg.
• Oproerige gedrag – Daar was voorvalle in Proteadorp/Overhills en enkeles in Hoofweg.
• Inbraak by huise en sakeondernemings – Minder as 10 gevalle is aangemeld, die meeste in Proteadorp/Overhills en enkeles in Palmiet, Hoofweg, Seelane en Berglane.
• Dwelmverwante misdaad – minder as 10 gevalle is ondersoek.
• Bedrog – Ongeveer 5 gevalle is aangemeld. Wees waaksaam, want misdadigers is kreatief wanneer hulle mens probeer mislei.
• Moord – Twee moorde, al twee in Proteadorp/Overhills, is aangemeld. Saam met die hoë getal aanrandings bly dit ’n bron van kommer. Die wortel van die probleem lê in groot maatskaplike uitdagings.
• Besit van gevaarlike wapen – Enkele gevalle is aangemeld.
Skoon en gesonde omgewing
Van die kwessies wat op 6 Maart tydens KSAG se maandelikse ontmoeting met die waarnemende Hangklip/Kleinmond Munisipale Areabestuurder, me Buli Plaatjes, Raadslid Grant Cohen en Operasionele Bestuurder Denovan van Rhodie bespreek is, is die volgende:
• Vullisverwydering en herwinning – ’n Verslag oor die suksesse hiermee is aangevra.
• Die nimmereindigende rommelstorting langs die verlenging van 13de Laan aan die westekant – daar word beplan om ’n “skip” daar te plaas.
• Die rommelstrooiing in 9de Laan by die Spar – Verskillende aksies, waaronder die gebruik van die naaste KSAG-kamera, is bespreek en sal opgevolg word.
• Die skoonmaak-strategie van die munisipaliteit by die Palmietdagkamp en omgewing – Die munisipaliteit sal weekliks ’n skoonmaakspan daarheen stuur, en daagliks tydens die Paasnaweek.
• Die plasing van vullisdromme op verskillende plekke soos versoek deur inwoners – Die proses is aan die gang gesit.
• Die skoonmaak van nette in die stormwaterkanale asook die byvoeg van nog nette – Dit is in proses.
• Die rondloperhonde bied verskillende uitdagings. Die kwessie sal verder met rolspelers bespreek word.
• Die beleid oor die skoonmaak van oorgroeide erwe – Daar is regulasies daaroor wat met nuwe beleid nou makliker toegepas kan word.
• Die herstel van die tweede voetbrug oor die Kleinmond strandmeer – Die koste is die groot uitdaging.
• Die Palmiet plankiespad en nuwe betonblokke – Kennisgewingbordjies om stappers te maan om versigtig te trap, sal aangebring word.
• Sypaadjie tussen 13de en 14de Strate in 3de Laan – Dit geniet aandag.
• Verkeersdemping in Hoofweg – Oortreders moet gerapporteer word. Die plasing van ’n spoedkamera sal versoek word.
• Geraasbesoedeling van motorfietse – Meer padblokkades sal aangevra word.
How to request video footage
When incidents occur in the vicinity of cameras residents aften request video footage. The control room usually responds very quickly to this. If the material can assist the police or the OM Law Enforcement in their investigation, and a case is opened, the relevant footage can be requested , but a fixed procedure must be followed.
The following information should be sent to info@kleinmondsag.co.za:
• Brief description of the incident.
• The date and time slot during which the incident occurred.
• The location (provide street names and numbers).
• A description of what the control room staff should look out for when reviewing the footage (number of individuals, clothing description, type and colour of vehicle, registration number, etc).
In February 2024, 109 suspicious incidents were visited after camera activations.
There were once again several incidents where rapid response and cooperation among the different partners prevented crime and helped to apprehend suspects.
Crime trends
According to police policy, crime statistics are officially released every three months. The trends given below apply to Kleinmond only and not to the entire Hangklip/Kleinmond area.
We can only report on cases that have been reported to the police and we ask residents again to report all crimes, no matter how small.
The categories in order of most to least reported incidents for February 2024 are:
• Assault –More than 20 cases (more than half of them with the intent to cause serious harm) were reported. They occurred in Proteadorp/Overhills and the informal residential area.