25.4 C
Kleinmond
Monday, November 11, 2024
spot_img

Kleinmond op sy beste

KLEINMOND – Ek het Saterdagmiddag laat sopnat by die huis aangekom na bykans twee ure in die reën langs Kleinmond se rugbyveld en weet jy wat: Ek sal dit elke Saterdagmiddag doen as Kleinmond so speel. Kla Gelag moes keer vir al wat hulle werd was in daardie laaste paar minute met die groot voorspelers van Caledon wat desperaat op hul doellyn geboer het. Die Kleinmonders se lyn het gehou en die Caledonners moes die stryd gewonne gee met hul 16 punte teenoor die Kleinmonders se 21.

Dit was hoofsaaklik ‘n stryd van strafskoppe, buiten die een drie deur Caledon en natuurlik daai skepskop deur Kleinmond se AJ Gillion. Uit die boeke, man. Ander uitblinker oomblikke was daardie kraglopie van Leighton Barry en Mila se breekslag en skoppie wat hy opgevolg en toe weer die bal gevang het. Dit het nou wel nie in drieë geëindig nie, maar Caledon se foute het die punte laat opstapel.

Kleinmond was Saterdag net te veel vir Caledon, wat tot dusver dié seisoen al sy wedstryde gewen het. Hulle moes druipstert huistoe, half verdwaas. Die waarheid is dat Kla Gelag deurgaans die spel oorheers het, veral by die afbreekpunte. Die Kleinmonders het goed saamgespeel, was vinnig by die losballe en het veral in die tweede helfte die spel daar gedomineer. Ook in die lynstane het Kleinmond goed gevaar en heelwat balle by hul teenstanders afgeneem. Die enigste plek waar hulle gesukkel het, was die skrums. Ek is nie seker wat presies hier skeef loop nie. Dit lyk asof die stutte nie laag genoeg ingaan nie. Miskien moet hulle ook kyk na hoe hulle bind. Dit is nie asof die pak nie die krag het nie, dit het te make met skrumtegniek. Doen so voort!

Die Kleinmonders vier hul oorwinning
spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!