13.8 C
Kleinmond
Tuesday, April 23, 2024
spot_img

Tracey verkoop 3 huise in dieselfde straat binne 3 maande

KLEINMOND – Rawson-agent Tracey Pienaar het sedert Januarie vanjaar drie huise in dieselfde straat waar sy woon in Palmiet verkoop.

“Ek voel werklik geseënd en ek glo dis omdat ek huise in die gebied bemark waar ek self woon. Palmiet is ‘n mooi gedeelte van Kleinmond. Hier is ook misdaad, maar wys my enige plek in die land waar daar nié misdaad is nie. “Ek en my man, Anton, het verlede jaar in September vanaf Brackenfell hier kom ‘aftree’, maar ons kry dit nie reg nie. Ek is weer terug as eiendomsmakelaar, want ek weet almal soek maar ‘n huisie by die see. Anton is besig om die huis wat ons gekoop het, te vergroot,” vertel Tracey.

Tracey by een van die huise wat sy onlangs in haar straat verkoop het.

Rawson is volgens haar ‘n uitstekende maatskappy om voor te werk. Hul verwysingstelsel tussen die 200 takke landswyd is beskikbaar met die druk van ‘n rekenaarknoppie. Verder gebruik hulle dieselfde stelsel as die banke om ‘n bemarkingsprys vas te stel.

Sy hou veral van hul beleid om aan die gemeenskap terug te gee. “Ons identifiseer ‘n welsynsorganisasie in ons gebied en ‘n gedeelte van ons kommissie gaan met elke transaksie na die instansie. Die prokureurs wat ons gebruik, Miltons Matsemela, maak ook donasies aan ‘n landswye voedingskema by skole.”

Hoekom Kleinmond?

“Ek het vir ‘n kliënt hier kom huis soek en soveel van die dorp gehou dat ek meer opgewonde oor die huis was as hulle. Ons het ons huis in die Kaap in die mark gesit, dis gou verkoop en hier is ons. Boonop het ons en die kliënt huisvriende geword,” lag Tracey.

Intussen het sy klaar ‘n whatsappgroep gestig: Kleinmond Help Mekaar. “Ek het ‘n passie om mense te help en ek glo God het ons op die aarde gesit om daar te wees vir mekaar.”

Haar loopbaan in bemarking het al begin toe sy 12 jaar oud was.

“Ek wou ‘n fiets hê maar my ma het gevoel die R26 vir ‘n fiets is bietjie buitensporig teenoor ons huishuur wat R50 per maand gekos het. Toe gaan vra ek ‘n oom in ons kerk wat ‘n wegneem-eteplek gehad het of ek vir hom bestellings en aflewerings kan doen.
Met daardie geld het ek my fiets gekoop. Toe ek 20 was het ek Sondae by ‘n nuwe ontwikkeling gaan huise skou en daar het die gogga my gebyt. Na ’n paar ander betrekkings, onder andere as kleuterskool-eienaar, is ek weer terug in die eiendomsbedryf.
My doelwit is om een huis per maand te verkoop. Ek werk altyd op ‘n alleenmandaat, maar ek gee nie om om te deel as ‘n ander agent met ‘n koper kom nie. Die eerste twee weke van bemarking is die belangrikste en dan werk ek voluit op ‘n eiendom. Ek gebruik net professionele foto’s, want ek glo mense koop met hul oë. Ek raai verkopers aan om te luister na die voorgestelde prys wat ‘n agent aan die hand doen. Ons ken die mark en ons weet hoe grootte, ligging en toestand ‘n eiendom se prys kan beïnvloed.

Skakel Tracey by 083 797 1040 vir meer inligting.

Kobie Coetzee
spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!