11.6 C
Kleinmond
Saturday, September 21, 2024
spot_imgspot_img

Kleinmonders na Zambië

KLEINMOND- ‘n Klompie begeesterde lede van die Christ Gen gemeente op die dorp vertrek aanstaande maand na Zambië. Dit is die tweede keer dat lede van die gemeente dié land besoek.

Die kerk ondersteun twee projekte in Zambië, “Save a Life” en “Champions Club.” Spanleier, Franky Jones vertel dat die ‘Save a Life’ projek ‘n groot hoeveelheid ma’s en hul babas ondersteun. Dis ‘n baie arm gemeenskap en die kliniek voorsien onder meer formulemelk aan die ma’s. Op hierdie wyse het hulle al letterlik duisende klein babatjies gehelp om te oorlewe.

Die ‘Champions Club’ het 63 serebraal-gestremde pasiënte en dit is wonderlik om te sien hoe die program hulle help om hul motoriese vaardighede te ontwikkel, sê Franky.

Die groep van 16 vertrek op 13 Mei en daar wag ‘n tog van meer as 6000km op hulle voor hulle weer op 27 Mei in Kleinmond aankom.

Hulle reis in ‘n Overland vragmotor met ‘n ingeboude kombuis en tente om in die veld kamp op te kan slaan. Die vragmotor word deur die ervare Steve Botes bestuur. Hy het meer as 20 jaar se ondervinding van reise deur Afrika. Die groep sal ook help om boorgate in die gebied te herstel.

Hulle gaan vir 14 dae by die Mutoyakamp in Mongu bly. Die kamp bestaan al 20 jaar en het agt kinderhuise en ‘n skool met 805 leerders wat daagliks opleiding en kos ontvang. Daar is sowat 200 000 mense wat elke Sondag na die kerkdiens luister wat van die kamp af uitgesaai word.

“Ons neem 500 Bybels, klere en skryfbehoeftes saam,” sê Franky. “Die projek is net moontlik as die gemeenskap dit ondersteun. Elke bietjie help. Hier is die bankbesonderhede: Christ Gen Kleinmond, ABSA, 4070989070, REF: NAAM en ZAMBIA

Steve Botes voor die Overland vragmotor waarmee die span vertrek.

Ondersteun Christ Gen se sendingprojek in Zambië deur op die skakel hieronder te klik. Die betrokke organisasie ontvang die volle bedrag minus Payfast, ons diensverskaffer, se fooie.



spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!