16.1 C
Kleinmond
Monday, May 20, 2024
spot_imgspot_img

Jet Plasma vee plooie weg sonder wegkruiptyd

KLEINMOND – Janine Coetzee van The Health and Beauty Clinic kon nie glo dat so ‘n klein toestelletjie wat jy in jou hand hou, dramatiese verandering aan jou vel kan aanbring nie. Toe probeer sy dit op haar eie gesig. Sy was oorstelp met die resultaat.

“Ek het die (baie duur) Jet Plasma-toestel vir die skoonheidskliniek aangeskaf. Kort daarna kyk ek op ‘n Sondagaand, toe ek eintlik na ‘n rustige naweek uitgerus en ontspanne moes wees, in die spieël en ek lyk vir myself behoorlik lewensmoeg. Ek besluit daar en dan om te sien of dit wat van die toestel gesê word, waar is. As mens eers self ‘n nuwigheid beproef, en jy glo daarin, kan jy dit mos met selfvertroue bemark.

“Na net een siklus van drie behandelings het ek dit met die vooraf-foto vergelyk. My vel was sag en my gesig opgehelder,” vertel Janine. “Die beste van alles was dat ek nie soos by laser- en ander behandelings ‘n bietjie wegkruiptyd nodig gehad het terwyl my vel herstel nie. Nou kan ek my kliënte verseker: jy doen die lewe, ons doen Jet.”
Die behandeling werk in siklusse van drie sessies. Afhangend van die toestand van jou vel, kan jy met een, twee of drie siklusse merkbare verandering sien: plooie word uitgestryk, sakkerige vel verstewig en die vel lyk pragtig gesond.”

Die toestel het verwyderbare koppe en gly net ligweg oor die vel. Die plasma word met ‘n elektriese impuls deur drie lae van die vel gestuur en dring tot by die Langerhans-selle deur. Dis hierdie selle wat kollageen en fibrogeen moet produseer om die vel stewig en elasties te hou. Jetplasma is met oksiedsuurstof gemeng wat oppervlak-bakterië vernietig. Dit is anti-inflammatories en help om keratose, ekseem en velroos te kalmeer. Dit werk van binne die vel na buite en nie soos ander behandelings wat net van buite af deur een laag van die vel werk nie.

Dis ‘n duur behandeling, maar teenoor ‘n ontrimpelings-operasie is dit kleingeld en die resultate is fenominaal, sonder al die pyn en aftyd. Janine illustreer dit met voor-en-na foto’s van haar kliënte wat sy oor die afgelope jaar en ‘n half behandel het. Die vel lyk sagter, fyn lyne is weg en plooie baie minder. Pigmentasie en fyn aartjies het verdwyn. Aknee- en sonbeskadigde gesigte lyk weer gesond en pragtig. Een van haar gewaardeerde kliënte is die plaaslike aktrise, Sandra Vaughn, wat toegestem het om deel te wees van The Health and Beauty Clinic se advertensieveldtog vir die produk.

“Enige ouderdom vel kan baat by hierdie behandeling. My oudste kliënt is 84 en die jongste 25. Mans en tieners kry ook merkwaardige resultate,” sê sy.
“Nog ‘n pluspunt van die behandeling is dat die plasma-werking na die behandeling 3 tot 5 jaar aktief bly en steeds die vel verbeter. By sommige veltipes sien mens nie dadelik ‘n groot verskil na die eerste behandeling nie, maar as jy dit selfs na ‘n jaar met foto’s vergelyk, kan jy die resultaat sien.”

Janine gee in Mei en Junie vanjaar 20% afslag op die behandeling. Besoek The Health and Beauty Clinic in die OK-sentrum, Hoofweg 53 of skakel 028 271 4499 of 072 347 9713.

Janine voor en na haar eie behandeling.
Kobie Coetzee
spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!