28.1 C
Kleinmond
Thursday, January 23, 2025
spot_img

Bellissimo lewer nou ook pizzas af in Kleinmond

KLEINMOND – Malcolm Heyns, nuwe eienaar van die knusse pizza- en roomysplekkie in Haweweg, het baie nuwe planne.

“Ons fokus sterk op ordentlike pizzas, en ons vind reeds dat dit baie gewild onder die gemeenskap raak. Ek het ‘n eg-Italiaanse resep uit die 1970’s en dis out of this world! Die deeg is nie iets wat sommer tjop-tjop aanmekaargeslaan word nie, dit word met liefde gemaak en genoeg tyd gegun om die regte tekstuur te verkry. Daar is reeds 11 nuwe toppings en daar word beslis geen ou bestanddele gebruik nie,” vertel Malcolm.

Hul spesiale aanbieding van R99 per pizza is klaar besig om hul kliëntebasis uit te brei. Die feit dat hy self alles nagaan voordat ‘n bestelling uitgaan, en dat hy self ook aflewerings doen, gee die besigheid reeds ‘n goeie hupstoot. Hy het op 1 Junie oorgeneem. Verder gaan hulle binnekort ‘n soft serve-masjien aanskaf waarmee hulle heerlike romerige roomys kan maak. Hulle verkoop reeds drie soorte nagereg en hul melkskommels is baie gewild.

“Ons is ook besig om die kombuis en die hele atmosfeer van die plek te verbeter. My idee is iets soos ‘n Italiaanse straatkafee, met feëtjieliggies en meer tafeltjies buite.”

Tans is die winkelure op Maandae tot Donderdae asook Sondae van 9:00 tot 19:00, en op Vrydae en Saterdae van 9:00 tot 21:00, “maar van September af sal ons sewe dae per week van 9:00 tot 21:00 oop wees.

Malcolm  en sy vrou Alta,  mede- eienaar, het 20 jaar ondervinding in die gasvryheidsbedryf. Hulle het van Caledon af na Fisherhaven verhuis om tussen Kleinmond en Hermanus te wees, waar sy seun, Arno op skool is.

Gaan loer gerus in by Haweweg 31, of skakel Malcolm by 069 744 3323 vir bestellings.

Kobie Coetzee
spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!