12.2 C
Kleinmond
Sunday, July 14, 2024
spot_imgspot_img

Kleinmond Physiotherapy kry ‘n nuwe eienaar

KLEINMOND – Hierdie bekende fisioterapie-baken in Hoofweg 41 het pas van eienaar verwissel. Hardus Smith het op 1 Julie die praktyk by Cheryl Deverson, wat na Stanford verhuis het, oorgeneem. Hardus is die derde eienaar van die besigheid.

“Ek neem die praktyk net so met al die personeel oor. Mettertyd wil ek die naam na Rehab Lab verander, en ek beoog om dit ‘n eenstop-besigheid te maak vir fisioterapie, arbeidsterapie en biokinetika. Ek onderhandel ook met ‘n ortopeed om hier in te skakel. Hier is baie plek vir groei,” sê hy.

Hardus het in Centurion grootgeword en aan die Hoërskool Uitsig gematrikuleer. Na matriek wou hy eers seker maak in watter rigting hy wil studeer en het vir ‘n jaar motorfietse verkoop en kinders met wiskunde en Engels gehelp.

“Maar een oggend besluit ek sommer net dat ek fisioterapie wil doen. Ek was mal oor sport – veral krieket – en moes dikwels fisioterapie ondergaan. Sonder dat ek dit besef het, het dit my belangstelling geprikkel. Toe skryf ek in vir die vierjaarkursus by Tukkies,” vertel hy.

“Eintlik was ek en Marelie en ons twee kleuters op pad Engeland toe, toe ‘n vriend my laat weet van ‘n vakante pos in Hermanus. Wel, goed gebeur mos maar, en ons het besluit die Kaap is nader aan die familie en vriende as Engeland. Toe verskuif ons in Desember 2022 hierheen. Ons het egter eers hier op Kleinmond ‘n plek gehuur, en na drie maande besluit dis hier waar ons wil woon. Toe dié praktyk in die mark kom, was dit vir ons die regte stap om dit te koop,” vertel hy.

Skakel die praktyk by 028 271 3637 of 066 002 7973 vir meer inligting.

 

Kobie Coetzee
spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!