20.5 C
Kleinmond
Saturday, December 7, 2024
spot_img

Kyk hoe mooi is Kleinmond!!

00:03:48
Twaalf lede van die NSRI se stasie 42 op Kleinmond het op Saterdag 30 Nov 2024 'n 4,1 km lange swem vanaf die hoofstrand...

TailWaggers hou opedag vol pret vir honde en eienaars

KLEINMOND–Ingrid Taylor  wat  al bekendheid verwerf het vir haar fonds-insamelings en vrywillige werk by KAWS, het pas haar eie winkel vir dierespeelgoed en ander produkte in Hoofstraat 127 oopgemaak.

Sy het ‘n   opedag op  Saterdag 21 September ge-hou en kinders, honde en hul eienaars genooi om in die pret te kom deel. By elke transaksie van een van die interessante produkte het die koper ‘n heerlike boerierol as toegif gekry.

Buite is ‘n kleurvolle spring-kasteel opgeslaan, want TailWaggers is ook ‘n depot waar springkastele van Incredible Castles gehuur kan word. Daar is ‘n groot verskeidenheid om uit die katalogus te kies.

Nog ‘n vertakking van die besigheid is ‘n afsetpunt vir Bjorn Enslin se stoffeerwerk van Dream Drapery. Hy doen ook gordyne en blindings.

Ingrid woon al 25 jaar op Kleinmond en het vroeër ‘n boetiek asook Le Rêve Restaurant in Haweweg bedryf.

“Ek het nog altyd ‘n passie vir diere gehad. My seun, Damien Scanlen, werk oorsee en hy is die aankoper van die diereprodukte wat ons invoer. Ons het sowat agt maande gelede met die idee begin en ons koop net ses tot agt items van ‘n produk aan, om die voorraad eksklusief te hou. Ons kyk uit vir sterk en besonderse speelgoed, knus bedjies, harnasse, leibande en bakke – enigiets handigs, prettig of snaaks vir honde en katte,” glimlag sy.

“Ons wil graag baie dankie sê vir al die mense wat ons op ons opedag kom ondersteun het. Tot ons ‘n vaste winkelbestuurder aangestel het, kan kliënte ons bereik deur 076 512 2539 te skakel. Ons sal die winkel met graagte kom oopmaak.”

Kobie Coetzee
spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!