PRESS RELEASE – Die erge oorstromings wat veroorsaak is toe verskeie damme se walle in die omstreke van Riverlands meegegee het, het nie net huise, paaie en infrastruktuur verwoes nie, maar ook Swartland-munisipaliteit se vermoë om drinkwater aan duisende mense te verskaf, erg belemmer.
En dit is tóé dat ons brandweer-en-redding- en rampbestuurdienste tot aksie oorgegaan het: ʼn Watertenker met ʼn kapasiteit van vyfduisend liter is versend, tesame met ʼn brandweer-en-reddingspan wat tot middel-September op ʼn rotasiebasis in skofte gehelp het om diegene in nood op ʼn bykans deurlopende basis van water te voorsien.
Uitvoerende Burgemeester dr. Annelie Rabie het tereg daarop gewys dat ander munisipaliteite nie so lank terug nie ingetree het om die waterkrisis wat Overstrand in September 2023 ervaar het, te help verlig. “My opregte dank aan ons brandweer-en-reddingspan wat, in die gees van samewerking, meer as gewillig was om hierdie keer ʼn helpende hand te verleen.”
Op die foto verskyn Hershelle Marinus, Cecil Abrahamse, Owen Stewar en Aldenovan Arendse. Hulle is maar ʼn paar van die baie brandweer-en-reddingswerkers wat ingetree het om Swartland se waterkrisis te help verlig.