21.4 C
Kleinmond
Wednesday, December 11, 2024
spot_img

Kyk hoe mooi is Kleinmond!!

00:03:48
Twaalf lede van die NSRI se stasie 42 op Kleinmond het op Saterdag 30 Nov 2024 'n 4,1 km lange swem vanaf die hoofstrand...

Mooigoed die mooiste by MOOI

KLEINMOND – Gerhard en Karlien Venter sprei nou hul vlerke nou wyer as Albertyn Apteek.

“Vir ‘n geruime tyd al sê ek vir Gerhard ons moet ‘n groter perseel kry vir die apteek. Daar is soveel mooi goed wat ek by ons verskaffers sien, maar daar is nie genoeg plek in die apteek nie. Toe ek hoor dat die Beach Boutique in die Spar-sentrum se perseel beskikbaar raak, was ek vreeslik opgewonde. Ek kon nie die kans deur my vingers laat glip nie,” vertel Karlien.

Hulle het begin September die sleutels gekry en aan die werk gespring om die winkel te verf en bestellings te doen. Die naam Mooi was nommerpas vir wat hulle in gedagte gehad het.

“My ouers het middel Augustus Kleinmond toe getrek en my pa kon toe gelukkig toesig hou oor al die werk wat in die winkel gedoen is. Die volgende was om die regte persoon te kry om in Mooi te werk, en Daleen Zamponi is as verkoopsdame aangestel. Sy is reeds ‘n bekende gesig vir baie Kleinmonders.”

Mooi is ‘n familie-spanpoging en die winkel is Gerhard se baba. Hy is sedert Julie 2024 deel van die Albertyn-span, en die ontwerp van die logo was sy breinkind. Hy is ook aktief betrokke by die inhoud van die winkel.

“Ons het iets van alles in die winkel: van mooi glasvase en kerse, luukse lyfprodukte en leerskoene, tot Versus sokkies vir sportliefhebbers.  Havaianas  plakkies in ver-skeie kleure en style is teen ‘n goeie prys beskikbaar. Die pragtige Sophii handsakke en Free Spirit seilsakke is beslis iets om na te kom kyk. Dan het ons ‘n verskeidenheid fotorame en albums. Kom druk sommer jou foto’s by die apteek. Plekmatjies, badkamermatjies, opdienborde en servette – daar is iets vir elke smaak. ‘n Pragtige staander met boeke nooi jou uit om ‘n bietjie tyd te spandeer, en die inkleurboeke en kryt bly gewild. Dan natuurlik ook die lekker badsout en essensiële olies wat hemels ruik. Unieke juwele en oorbelle rond die prentjie af,” vertel Karlien entoesiasties.

Kliënte kan hul apteek-lojaliteitskaart ook by die winkel gebruik.

Mooi het op Vrydag 1 November sy deure vir die publiek oopgemaak en die kliënte is met ‘n glasie vonkelwyn bederf terwyl hulle deur die winkel kon snuffel.

Die winkelure is Maandae tot Vrydae – 08:30-17:30 en Saterdae 08:30-13:00. Kontak 067 550 3925 vir meer besonderhede.

Kobie Coetzee
spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!