BETTYSBAAI – Sandown Bay Security het in September vanjaar hul nuwe kantoor in Bettysbaai betrek.
“Ons het wel altyd vanuit ‘n ander besigheid in Disa-sentrum bedryf en toe vir ‘n rukkie ‘n kantoor by The Hub uitgetoets, maar hierdie kantoor aan die Porterweg-kant van die Caltex garage, is perfek. Dis in die hart van Bettysbaai, sodat mense hierheen kan kom, onder andere om batterye te koop en hul rekeninge te betaal.
“Sandown Bay Security is een van net twee groot maatskappye in Bettysbaai wat aangewese voertuie permanent hier het. Tyd is uiters belangrik as jou lewe op die spel is. ” sê Brian van der Merwe, eienaar van die besigheid.
Die beheerkamer is wel nog in Kleinmond, maar mense kan na die Bettysbaai kantoor kom om te reël vir alle dienste soos installasies en onderhoud van alarm-stelsels. Daar is meestal twee reaksievoertuie en ‘n span van ses personeel beman die area en kantoor.
“Dis lig en lekker by ons nuwe kantoor en ons is baie bedrywig. Van ons kliënte stap sommer hierheen vir hul sake. Nou hoef hulle nie meer daarvoor Kleinmond toe te ry nie,” sê Dolly Kirsten, wat die administrasie en bemarking in die kantoor behartig.
Besoek hulle by Porterweg 205 of skakel 028 271 4637 vir algemene navrae.
Die 24-uur noodnommer is 067 065 5420 as die landlyne dalk buite werking is.