28.1 C
Kleinmond
Thursday, January 23, 2025
spot_img

Hangklip/Kleinmond se misdaadstatistiek Huisbraak af, gewone diefstal op

PRESS RELEASE – Die jongste nasionale misdaadstatistieke vir die tydperk van 1 Julie tot 30 September 2024 is pas uitgereik. Hier is ’n ontleding van ons polisiestasie se statistieke vir hierdie tydperk. Kleinmond SAPD bedien die gebied van Arabella tot Rooi-Els. Ons vergelyk die jongste syfers met dié van die ooreenstemmende tydperk in 2023.

  • Kontakmisdaad (moord, seksuele oortredings, poging tot moord, aanranding en roof) het van 63 gevalle in 2023 afgeneem na 59 in die ooreenstemmende kwartaal in 2024. Een moord is aangemeld en 49 van die gevalle was aanranding. Roof het van 11 gevalle afgeneem na 4 en seksuele oortredings het van 6 na 5 gevalle.
  • Ander seksuele misdade (verkragting en seksuele aanranding of poging daartoe) het van 6 gevalle afgeneem na 5.
  • Huis- en sakeroof (met verswarende omstandighede) het van 5 gevalle af geneem na 2.
  • Kwaadwillige beskadiging van eiendom het van 22 gevalle toegeneem na 26 en een geval van brandstigting is aangemeld.
  • Eiendomsmisdade (huisbraak by woonhuise en sakeondernemings en diefstal uit en van motorvoertuie) het van 65 gevalle afgeneem na 37. In 2022 is daar vir hierdie tydperk 71 gevalle aangemeld en in 2021 61 gevalle.
  • Gewone diefstal (diefstal sonder gedwonge toegang, diefstal in sakeondernemings en winkeldiefstal) het van 66 gevalle toegeneem na 99. 41 hiervan is handelsmisdade (commercial crime).
  • Die totale aantal misdade wat by Kleinmond Polisiestasie aangemeld is, het toegeneem van 216 na 222 gevalle; dus met 2,8% toegeneem.
  • Misdadigers wat as gevolg van polisie-aksie vasgetrek is, byvoorbeeld weens besit van onwettige vuurwapens of ammunisie, dwelmverwante misdaad, bestuur onder die invloed van drank of dwelms en seksuele oortredings, het van 59 na 68 gevalle toegeneem.

Onthou dat slegs misdaad wat by die polisie aangemeld word, gebruik kan word vir die statistiek waarvolgens strategieë beplan en hulpbronne beskikbaar gestel kan word.

Hangklip/Kleinmond’s crime statistics

Burglary down, common theft up

The latest national crime statistics for the period from 1 July to 30 September 2024 have just been released. Here is an analysis of our police station’s statistics for this period. Kleinmond SAPS serves the area from Arabella to Rooi-Els. We compare the latest figures with those of the corresponding period in 2023.

  • Contact crimes (murder, sexual offences, attempted murder, assault and robbery) decreased from 63 incidents in 2023 to 59 in the same period in 2024. One murder and 49 cases of assault were reported. Robbery decreased from 11 incidents to 4 and sexual offences decreased from 6 to 5 incidents.
  • Other sexual offences (rape and sexual assault or attempted sexual offences) decreased from 6 incidents to 5.
  • Aggravated robbery (robbery at residential and non-residential premises) decreased from 6 to 2 incidents.
  • Malicious damage to property increased from 22 to 26 incidents and no one incident of arson was reported.
  • Property-related crimes (burglary at residential and non-residential premises, theft of or out of motor vehicles) decreased from 65 to 37 incidents. In 2022 the number of incidents for this period was 71 and in 2021 it was 61.
  • Common theft (theft without forced entry, commercial crimes and shoplifting) increased from 66 to 99 incidents. 41 of these incidents were commercial crime.
  • The total number of incidents reported to the Kleinmond police increased from 216 to 222, a 2.8% increase.
  • Crimes detected as a result of police action (illegal possession of firearms and ammunition, drug-related crime, driving under the influence of alcohol or drugs, sexual offences) increased from 59 to 68 incidents.

Remember that the only valid statistics for strategic planning and the availability of resources are those compiled as a result of crimes reported to the police.

spot_img

Latest Posts

PRAAT MET ONS

    error: Content is protected !!