KLEINMOND – Twaalf jaar gelede het Lu-Dal in die Sparsentrum oopgemaak. Die verskeidenheid wat dié winkel van Louise Bruwer aangebied het, was verstommend: rolle en rolle materiaal vir enige denkbare gebruik, wol, kant, krale … letterlik elke kramery item… noem maar op.
Toe kom die suiwerkatoen kwiltlap met kleure en verskeidenheid drukpatrone om van te droom. Daarmee saam begin die weeklikse kwiltklasse, wat nou nog elke Dinsdag tussen 9:00 en 13:00 deur Elsa Grové en Mariëtte Hugo aangebied word. Lu-Dal het tans die grootste verskeidenheid kwiltlap in die Wes-Kaap.
Die interieur-afdeling het so gegroei dat ekstra ruimte daarvoor oopgemaak is, met die bykomende diens van gordyne maak en stoffeerwerk doen.
Die jongste toevoeging tot die Lu-Dal – droom is die reeks Brother-naaimasjiene waarvoor hulle onlangs die agentskap gekry het. “Ons kan van die heel basiese masjiene, omkappers, naaldwerk/borduur combo’s tot die mees ingewikkelde borduurmasjiene verskaf en die kliënte touwys maak in die gebruik daarvan.
Oor die feestyd is daar pragtige Kersfeesvoorraad beskikbaar: lap en besonderse geskenke.
“Ons grootste doelstelling is diens aan die publiek. Ons is plannemakers saam met ons kliënte om seker te maak hulle kan bereik waarvoor hulle na ons toe gekom het,” sê Louise.
Die winkel se nommer is 028 271 4001 of kontak hulle by ludalinterior@gmail.com.