Stigterslid Pat Hewson saam met komiteelede Marlene Wessels en Jenna Hanekom en vorige voorsitter Gwen Coetzee.

KLEINMOND – Die Lieflappers Kwiltgroep het verlede week hul 25ste verjaarsdag gevier. Hoewel die werksaamhede die afgelope paar jaar ‘n bietjie afgeplat het, het die klub nou weer in volle glorie herleef en op 6 Maart het 29 lede en besoekers met hul mandjies naaldwerk op-gedaag.

Soos hulle aankom het hulle in gesellige groepies om die tafels gaan sit en elkeen het aan haar lappies begin werk. Daar was ‘n verjaarsdagkoek wat amper te mooi was om vir teetyd op te sny.

Die Lieflappers geniet dit om met die kleurpotlode te werk.

Oud-lede en stigterslede het aan die feesvierings kom deelneem en van hul kwilt- en appliekwerk saam-gebring. Lede kon deur die plakboek blaai wat oor jare deur die vorige voorsitter bygebring is en dan was daar ook nog ‘n demonstrasie van kleurpotloodwerk sodat ‘n mens jou eie ontwerpe vir fokuspunte in jou skepping kan teken. Die lede kon dit uittoets deur elkeen ‘n lappie in te kleur wat vir ‘n saam-gestelde verjaarsdagkwilt gebruik gaan word. Dit was interessant om te sien hoe elkeen sy eie stempel op die ontwerp afgedruk het.

Marlene Coetzee het die verjaarsdagkoek gebak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *