
KLEINMOND – André Havinga het in Desember ingeskryf vir die Win with Build it kompetisie. Hy is ‘n tegnikus van die Paarl en was stomverbaas toe hy hoor dat hy die gelukkige wenner van die Hyundai i10 S is.
Hy was op Kleinmond met vakansie by sy ma, Anette Havinga. Hulle het saam aan ‘n projek gewerk waarvoor hulle gereedskap by Build it aangekoop het.
“Die vriendelike kassiere van Build it het my vertel van die kompetisie en my ingeskryf. ‘n Paar dae later het ek ‘n oproep ontvang oor ‘n prys wat ek by die winkel ontvang het en outomaties kwalifiseer vir die trekking van die voertuig,” vertel André.
Build it het hom in Februarie gekontak om hom mee te deel dat hy die voertuig gewen het. “Die realiteit was vir my ‘n groot verrassing, Build it is nou amptelik my gunsteling winkel in Kleinmond. Dis die grootste geskenk!” lag hy ingenome.
Eerste datum wat vir die oorhandiging oop was, was toe nog op André verjaarsdag!
