
KLEINMOND – Sou alles volgens plan verloop behoort die spik splinternuwe Sasol geriefs- en koffiewinkel in Hoofweg weer rondom 10 April sy deure te open. So sê Sasol Kleinmond se Aldré Carstens.
Carstens het vandeesweek gesê hulle is nou rondom die halfpad merk van die ag weke lange opknappingsprojek.
Die winkelruimte se uitleg is verander en word letterlik van dak tot vloer oorgedoen. Aldré sê die geriefswinkel en Seattle Coffee sal steeds daar wees, maar net in ‘n meer moderne en funksionele gedaante.
Hy sê hulle wil graag ‘n mooi en netjiese plek maak vir beide die mense van die dorp en besoekers. “Ons sien dit as ons poging om by te dra tot die goeie beeld van ons dorp”.
