KLEINMOND – ‘n Kleinmonder wat Sondag in hegtenis geneem is, en saam met vier ander mans in die selle by die Kleinmond polisiestasie aangehou is, het net na 13:00 Sondagmiddag besluit om van die komberse in die sel aan die brand te steek. Die polisie is bewus gemaak van die rook wat uit die selle borrel deur ‘n lid van die publiek wat dit opgemerk en by die aanklagkantoor ingehardloop het. Die brand is uiteindelik met die hulp van ‘n tuinslang geblus.

Die man, wat vandeesweek in die hof verskyn het, word nou buiten verskeie ander ernstige klagtes ook aangekla van kwaadwillige beskadiging van eiendom en brandstigting, wat indien hy skuldig bevind word, hom waarskynlik nog ‘n klompie jare in die tjoekie gaan besorg. Nie die beste van idees nie.

Daar is natuurlik die vraag oor hoe die brandsteekgoed in die eerste plek in die selle beland het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *