
KLEINMOND – Die maandelikse klubbyeenkoms was weereens baie interessant en gesellig, al het Eskom reggestaan om die ligte af te sit. Die gehoor het hulle verlustig aan die pragtige beelde van voëls wat vertoon is. Beoordeling van die beelde was behartig deur Charles Naudé. Hy is ‘n bekende voëlkenner van Hermanus.
Die wenners vir die maand se tema Voëls was:
1ste plek Alet Swart met “Allen’s Gallinule waterlily walk”

2de plek Piet van der Merwe met “Kaapse Suikervoël”

3de plek Riaan Swart met “LangtoonLoer”

en 4de plek Peter Strydom met “In all my Splendor”.

Eervolle vermeldings het gegaan aan ; Piet van der Merwe met “Klein Rooiband Suikerbekkie”, Douwlina Boshoff met “Fly with Flair”, René Wright met “Ibisse voertyd”, en James Luckhoff met “Die vere maak die voël”.
Na die Charles Naudé se terugvoer oor die maand se inskrywings, was dit tyd vir die praatjie waarvoor almal gewag het: Riaan en Alet Swart, die sprekers van die aand. Riaan het uitgebrei oor hul onlangse besoek aan Pangolin in Chobe. Die lede het ge-oeee en -aaa oor al die pragtige en unieke beelde wat hy en Alet met ons gedeel het. Om nie eers te praat van die spesiale toerusting wat Canon asook Pangolin beskikbaar gestel het aan die fotograwe nie.
Ongelukkig het Eskom se valbyl ons ingehaal en Alet kon nie haar ervaring deel nie. Sy gaan beslis by volgende maand se byeenkoms ‘n spreekbeurt kry om haar weergawe met die lede te deel. Cecilia Vermeulen