Aangemelde misdaad 15.2% laer

Die jongste nasionale misdaadstatistieke vir die tydperk van 1 Oktober tot 31 Desember 2024 is pas uitgereik. Hier is ’n ontleding van ons polisiestasie se statistieke vir hierdie tydperk. Kleinmond SAPD bedien die gebied van Arabella tot Rooi-Els. Ons vergelyk die jongste syfers met dié van die ooreenstemmende tydperk in 2023.

  • Kontakmisdaad (moord, seksuele oortredings, poging tot moord, aanranding en roof) het van 76 gevalle in 2023 afgeneem na 59 in die ooreenstemmende kwartaal in 2024. Een moord is aangemeld en 49 van die gevalle was aanranding. Roof het van 9 gevalle afgeneem na 4 en seksuele oortredings het van 1 na 4 gevalle toegeneem.
  • Huis- en sakeroof (met verswarende omstandighede) het van 5 gevalle af geneem na 2.
  • Kwaadwillige beskadiging van eiendom het van 19 gevalle afgeneem na 18 en geen gevalle van brandstigting is aangemeld nie.
  • Eiendomsmisdade (huisbraak by woonhuise en sakeondernemings en diefstal uit en van motorvoertuie) het van 41 gevalle toegeneem na 42. In 2022 is daar vir hierdie tydperk 66 gevalle aangemeld, in 2021 59 gevalle en in 2020 99 gevalle.
  • Gewone diefstal (diefstal sonder gedwonge toegang, diefstal in sakeondernemings en winkeldiefstal) het van 107 gevalle afgeneem na 88. 53 hiervan is handelsmisdade (commercial crime).
  • Die totale aantal misdade wat by Kleinmond Polisiestasie aangemeld is, het afgeneem van 244 na 207 gevalle; dus met 15.2% afgeneem.
  • Misdadigers wat as gevolg van polisie-aksie vasgetrek is, byvoorbeeld weens besit van onwettige vuurwapens of ammunisie, dwelmverwante misdaad, bestuur onder die invloed van drank of dwelms en seksuele oortredings, het van 57 na 55 gevalle afgeneem.

Onthou dat slegs misdaad wat by die polisie aangemeld word, gebruik kan word vir die statistiek waarvolgens strategieë beplan en hulpbronne beskikbaar gestel kan word.


Hangklip/Kleinmond’s crime statistics

Reported crime 15.2% down

The latest national crime statistics for the period from 1 October to 31 December 2024 have just been released. Here is an analysis of our police station’s statistics for this period. Kleinmond SAPS serves the area from Arabella to Rooi-Els. We compare the latest figures with those of the corresponding period in 2023.

  • Contact crimes (murder, sexual offences, attempted murder, assault and robbery) decreased from 76 incidents in 2023 to 59 in the same period in 2024. One murder and 49 cases of assault were reported. Robbery decreased from 9 incidents to 4 and sexual offences increased from 1 to 4 incidents.
  • Aggravated robbery (robbery at residential and non-residential premises) decreased from 5 to 2 incidents.
  • Malicious damage to property decreased from 19 to 18 incidents and no incidents of arson was reported.
  • Property-related crimes (burglary at residential and non-residential premises, theft of or out of motor vehicles) increased from 41 to 42 incidents. In 2022 the number of incidents for this period was 66, in 2021 59 and in 2020 it was 99.
  • Common theft (theft without forced entry, commercial crimes and shoplifting) decreased from 107 to 88 incidents. 53 of these incidents were commercial crime.
  • The total number of incidents reported to the Kleinmond police decreased from 244 to 207, a 15.2% decrease.
  • Crimes detected as a result of police action (illegal possession of firearms and ammunition, drug-related crime, driving under the influence of alcohol or drugs, sexual offences) decreased from 57 to 55 incidents.

Remember that the only valid statistics for strategic planning and the availability of resources are those compiled as a result of crimes reported to the police.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *