KLEINMOND – Kinders klein en groot het op Dinsdag 1 April in groot getalle by Mthimkhulu se terrein opgedaag waar hulle van 9:00 af besig gehou is.

Daar was ‘n praatjie deur die polisie oor hoe om boeliegedrag te benader. Daar is op hul harte gedruk dat hulle sulke gedrag moet rapporteer, sodat daar teen die oortreders opgetree kan word. Hulle het ook geleentheid gekry om te voel hoe dit in die binnekant van ‘n vangwa se tralie-kant is – iets waaraan hulle so entoesiasties deelgeneem het dat die offisier eers ‘n bietjie orde tussen die bondels kinders moes kry.

Verder het die Kleinmond Arts & Culture Hub ‘n drumming circle aangebied, waaraan die kinders net so heelhartig deelgeneem het. Die sakresies was ook ‘n wenner en die deelnemers is luidkeels aangemoedig en toegejuig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *