
Dis nou nie dat dié winkel se gorilla ‘n stuitigheid aangevang het dat hy nou in die hoek moet sit daar by die winkelsentrum in Sesdestraat nie. Dis omdat sy eienaars, Gerrit en Valerie van Biljon hul tweedehandse bedryf moes skuif. Die sentrum is verkoop en die nuwe eienaar het ander planne met die winkelruimtes. Kleinmonders sien uit om te sien wat alles daar gaan gebeur.