
KLEINMOND – Die Kaapstad Fietstoer met sy duisende deelnemers was vir die plaaslike fietsryers weer ‘n grootse belewenis. Met ‘n ligte suidwestewindjie en gemaklike temperatuur was dit volgens die Kleinmonders net ‘n plesier.
Bill Morgan, wat op ouderdom 83 die fietstoer in 3h54 voltooi het, was die klub se held en ‘n rolmodel vir oud en jonk. Hy het daardie besonderse tyd behaal ondanks ‘n val wat hy ook nog gehad het. Hy was algeheel vierde in die ouderdomsgroep 80+.
Nog ‘n uitsonderlikheid was die drie Pa-en-Seun-pare uit die klub wat klaargemaak het. Die pa’s is Henk Esterhuizen, Paul Richards en Warren Pearson. Henk se seun Daniel is maar 15 jaar oud en in hierdie eerste wedren wat hy op ‘n padfiets aangedurf het, het hy die afstand in 4h06 voltooi.
Klublede waarvan ons weet wat die roete in minder as 4 uur afgelê het is: Peter Hawkins en sy vriend Dave op ‘n tandemfiets in 3h58, Kevin Record – 3h46 padfiets en William Allan 3h41 padfiets. Pierre Boonzaaier se tyd was 3h44, wat 40 minute beter as verlede jaar is. Gary en Janine Graham, Warren Pearson en Paul Richards het ook die roete in onder 4 uur voltooi.
Hier is foto’s wat van die deelnemers ontvang is.




